Moenie Stres Nie!

Positiewe boodskappe vir Suid-Afrikaners, deur Suid-Afrikaners

Suid-Afrikaners onthou toe beurtkrag in 2008 die land tot stilstand gebring het. Daar was 'n stormloop vir opwekkers en eiendom in Perth, Australië. ? E-pos vanaf Alan Knott-Craig wat Suid-Afrikaners herinner aan die positiewe dinge verbonde aan ? lewe in Suid-Afrika het soos blits versprei en reaksies van duisende Suid-Afrikaners ontlok. So het Don’t Panic! tot bestaan gekom – ‘n boek wat ‘n oomblik in SA geskiedenis vasgelê het. Beweeg aan na 2014 en ons het beurtkrag (grotendeels) vergeet, ons was die gasheer vir die wêreldbeker-sokkertoernooi, ons het die globale resessie oorleef, maar nou tree die paniekgevoel weer in. Die Rand val, politiek domineer die nuus, daar is oral betogings oor dienslewering – moet ons nou stres? Lees die advies van Alan Knott-Craig, Willem Breytenbach, Max du Preez, Anet Vosloo, Brand Pretorius en menigte ander (welbekende mense, gewone Suid-Afrikaners en internasionale burgers wat tot Suid-Afrika aangetrokke is) wat vir ons sê: Moenie stres nie!

Alan Knott-Craig Alan Knott-Craig is 'n welbekende Suid-Afrikaanse teg-preneur wat in sosiale media, telekommunikasie en sosiale-impaktegnologie spesialiseer. Hy is die redigeerder van die 2008-blitsverkoper Don't Panic! en die skrywer van Mobinomics, die storie van Mxit - die grootste sosialenetwerkinstrument in Afrika. Die W?reld Ekonomiese Forum het hom 'n 2009 Jong Globale Leier genoem. Knott-Craig is tans die HUB van Project Isizwe, wat gratis wi-fi-netwerke na Suid-Afrika bring.

Marketing & Publicity
  • Advies van belangrike Suid-Afrikaners (Advice from great South Africans)
  • 'n Hoogs vermaaklike lees (A highly entertaining read)
  • Alle tantieme gaan na Project Isizwe - gratis wi-fi-netwerke vir Afrika (All the royalties go to Project Isizwe - free wifi for Africa)